Watter Blom Is Dit (5th Ed)

R 260.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 4ad76fad0efc Categories: , , , , , Tag:
Description

Description

Sedert 1984, toe die heel eerste uitgawe van Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? gepubliseer is, was hierdie boek vir Suid-Afrikaanse tuiniers (of voornemende tuiniers) die naslaanwerk van keuse wat blomidentifikasie betref.

Nou, heeltemal hersien en opgedateer deur Professor Gideon F. Smith, verskyn hierdie nuwe, vierde uitgawe 15 jaar na die afsterwe van die oorspronklike outeur, professor Kristo Pienaar. Nie net is dit nou aangepas vir Suider-Afrika (soos die huidige titel daarop wys) nie, maar ook die alfabetiese rangskikking is verander: die plante word nou alfabeties volgens families gegroepeer en binne families volgens genus. Binne ‘n genus is die soorte steeds alfabeties gerangskik.

Die nuwe boek baat by die vordering wat nie net in Suider-Afrika nie, maar dwarsdeur die wêreld gemaak is ten opsigte van ons kennis omtrent die klassifikasie van plante. Addisionele volksname is ingesluit, asook ikone wat aandui of ‘n plant ‘waterwys’, ‘inheems’ of dalk ‘n ‘indringer’ is.

Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? bly steeds ‘n omvattende en insiggewende naslaanwerk vir enigeen wat graag tuin- en huisplante kweek en meer oor hulle wil weet, of dalk ’n nuwe kultivar wil identifiseer. Ongeveer 1 600 jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante word algemeen in Suider-Afrikaanse tuine, parke en langs strate aangetref en hulle kan maklik uitgeken word met behulp van pragtige volkleur-illustrasies. Die meegaande teks is kort, maar bevat elke plant se herkoms, voorkoms en hoe, wanneer en waar dit geplant moet word en hoe om dit te versorg.

Duidelike insiggewende ikone wys die leser met ‘n enkele oogopslag wat die plant se behoeftes is, of dit hou van volle son of halfskadu, en nog baie meer.

Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.