Description
Jak kry ’n Tyrannosourus in hulle groentetuin. Dis ’n groot probleem omdat dinosourusse vreeslik baie eet. Jak, sy beste vriend, Tobie, en die hond, Tjaila, probeer eers die dinosourus wegsteek, maar vind uit dat dit beter sal wees om hom terug te neem na sy eie tydperk.
Met behulp van die toorkryt wat Tobie vir sy verjaarsdag gekry het, ontwerp hulle ’n tydmasjien en vat die dinosourus huis toe. Maar daar wag iets nog groter: die Giganotosourus!