Description
Reuben se ma is woedend toe ’n pterodactyl by die venster in vlieg en sy huiswerk steel.
Dis die vyfde keer die maand dat sy huiswerk wegraak. Reuben en Nico moet ’n plan maak om die huiswerk terug te kry. Om dit te kan doen, moet hulle tot by Dinosourus-koppie kom waar hulle die pterodactyl sal kry.
Nico en Reuben bou ’n pterodactyl-pak en vertrek na Dinosourus-koppie. Maar dáár wag ’n eiervormige verrassing op hulle!