Pass: Nuwe Amptelike K53 Handleiding

R 65.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: a4b601f378f9 Categories: , , , , Tag:
Description

Description

Hersien, met opgedateerde inligting en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die Nuwe Amptelike K53-handleiding ’n omvatt ende en koste-eff ektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse.

Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motorfietse.

Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreëls, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van dié afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is ná die toets bygevoeg.

Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis dié gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse.

Dié handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.