Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse

R 240.00

Herman Lategan is ’n boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ’n bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems,  het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast,  asook kortverhale in o.m. Bloots  en Skrik op die lyf.

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 9781776091591 Category: Tag:
Description

Description

Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse

Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ?n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se ?Woorde wat wip?-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker. In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ?n woord en bou ?n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ?n tipe abecedarium ? speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is sommer laf of selfs katterig. Al gewonder wat ?n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word die woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of le die lekkerste kry.

Additional information

Additional information

Weight 0.29 kg
Dimensions 23.4 × 15.3 cm
Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.