N Huis vir Ester

R 190.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 11bf76ec90ec Categories: , , , Tag:
Description

Description

Twintig jaar lank wag Ester Gelderblom al vir ’n huis. In Oudtshoorn se snerpende winter tree sy en haar vriendin Katjie aan om te sien of hulle name dalk dié keer op die regering se lys van nuwe huiseienaars verskyn. Ester droom van ’n tuiste vir haar dogter Liedjie, wat Sondae klawerbord by die Bless Me Jesus speel, en ’n plek waar haar man Neville weer op sy voete kan kom.
Maar korrupsie beduiwel alles: Vir omkoopgeld manipuleer amptenare die behuisingskema se waglyste. Wanneer Katjie se blyplek afbrand, neem die twee vroue die reg in eie hande en beset hulle twee leë huise. So sit Ester en Katjie ’n reeks gebeure aan die gang wat alles kosbaar in hul lewens sal bedreig.
’n Huis vir Ester is ’n verhaal oor gierigheid en mag en diestryd om geregtigheid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.
Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.