Description
My Eerste Boek met Bybelstories is ’n pragtige boek met twaalf bekende Bybelstories wat op ’n vars manier oorvertel word. Dié boek met ses stories elk uit die Ou en Nuwe Testament is dus die perfekte manier om die Bybel aan jong kinders bekend te stel. Die pragtige kleurvolle illustrasies vul die eenvoudige vertellings aan sodat jong kinders dit maklik kan verstaan. Elke storie sluit af met ’n aktiwiteit oor die voorafgaande storie en laat die kinders aktief deelneem deur beweging na te boots, saam te rym, te tel, vorms en getalle te herken en aandagtig te luister.