Meneer Koning se Ongelooflike Reis

R 80.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 89dd17a59923 Categories: , , , ,
Description

Description

David du Plessis het ’n verhaal vir kinders geskep wat gebaseer is op herinneringe en fantasieë uit sy eie kinderjare. Dit vertel van ’n koningpikkewyn se reis nadat hy deur vissermanne gevang is tydens hulle besoek aan sy verafgeleë Suid-Atlantiese eiland. Na verskeie avonture en teëspoed, sowel bo as onder die water, beland hy op ’n strand aan die vasteland en lyk dit asof hy vir die plaaslike dieretuin bestem is – tot Moeder Natuur ingryp.
Die verhaal is kleurvol deur Du Plessis geïllustreer, met breë see- en landskaptonele wat die eindeloosheid uitbeeld waarin Meneer Koning gestrand is. In elke raam en op watter skaal ook al, word die leser se oog na die pikkewyn toe gelei met sy helderoranje oog, snawel en wangkleur. Die verhaal betrek heelparty diere uit die streek, onder meer walvisse, haaie en ander seevoëls, waaronder drie ander pikkewyn-variëteite.
Hierdie boek sal by kinders van oor die hele land heen ’n gunsteling word.
Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.