Kainsmerk

R 280.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 51fb9e879956 Categories: , , , Tag:
Description

Description

Kainsmerk  is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.
’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word.
Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevroudominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.
Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk  opgeneem.
Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.