Dawie de Villiers My lewensreis: Springbok, Politikus, Diplomaat

R 310.00

Sold By : Reka Afrika | Africa's Online Market Place SKU: 9781776092420 Categories: , , , , , Tag:
Description

Description

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.
Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.
Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).
My lewensreis  is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.
Additional information

Additional information

Weight 0.420 kg
Dimensions 15.3 × 23.4 cm
Shipping & Delivery
Reka Afrika utilizes the most efficient and economic courier services to ensure fast and direct delivery anywhere in South Africa. We do deliveries from Monday - Friday 08:00am - 17:00pm. For international shipments please contact us on info@rekafrika.com or (+27) 10 493 8608/9 for an accurate shipping quote before proceeding to checkout. Phone support available Mon - Fri 09:00am - 17:00pm (UTC+2) For our full shipping policy click HERE.